As 'n TTLP Fasiliteerder lê my hartklop by gesonde verhoudings. Ek begelei graag mense om hulself en ander op 'n dieper, meer betekenisvolle manier te verstaan. Ek is passievol oor die kompleksiteit van temperamente, en hoe dit ‘n rol speel in ons verhoudinge en uitleef van ons Godgegewe potensiaal. Ek bied interaktiewe, dinamiese werkswinkels aan, propvol insig oor persoonlike groei, huweliksverryking, ouer-tiener-verhoudings en leierskapontwikkeling. Dit is ‘n voorreg om Tall Trees te gebruik as sleutel om mense toe te rus met insig in hul uniekheid en praktiese vaardighede te gee wat jou sal help floreer en groei in jou roeping, verhoudings en elke dag se uitdagings.
Tall Trees Facilitator