Elsabe Hart


Contact Elsabe

Oor die afgelope 14 jaar het ek kleuters tot hoërskool kinders onderrig. Ek het ook die voorreg gehad om as n 'moeder' op te tree vir dogters 3-18 jaar oud as 'n koshuisouer. Met my Montessori agtergrond en studies en 'n passie vir Remediërende onderrig en my deernis vir kinders met leerprobleme is ek ‘n unieke onderwyseres wat die Here voluit dien. Onderwysers le baie na aan my hart. Ek weet al te goed watter opofferings hul maak en hoeveel determinasie hulle het. Mense met harte van goud wat altyd die ekstra myl loop vir ander en dit alles vir die liefde van die saak! Ek werk nou as 'n Opvoedkundige Konsultant en gee leiding aan onderwysers oor hoe om tegnologie in hul klaskamers te inkorporeer en aan te pas in hierdie vinnig veranderende 21st eeu. Ek is getroud met 'n onderwyser en het twee perfekte dogtertjies 6 en 2jaar oud. Ons woon op 'n wynplasie in die Elgin Valley in die pragtige Wes-Kaap. John 15:5 Yes, I am the vine; you are the branches. Those who remain in me, and I in them, will produce much fruit. For apart from me you can do nothing.

Ek bied Tall Trees Werkwinkels aan vir Skole, Opvoeders, Ouers en Tieners in kleingroepe of individueel. In Afrikaans of Engels!